Die lewe is nie altyd maklik nie en hy het die geneigdheid om jou rond te skommel, op en af te skud en om jou te buig en te vorm. Ek, Wynand Olivier het hierdie prosesse van die lewe, deurgaans in my lewe beleef en die waarde daarvan begin gebruik. Lifebenders wil die getuienis van gewone mense na die wêreld bring op ‘n praktiese manier. Ons wil saam gesels, saam droom en saam met jou leer oor temas wat op ons harte en lewens druk. Lifebenders is interkerklik en onderskryf nie ‘n spesifieke struktruur nie, ons glo dat daar net een kerk is en dit is die kerk van Jesus Christus. Wie die Seun het, het die Lewe….
Die fokus van Lifebenders is om gesinne by te staan en alle fasette van gesinswees aandag te gee.
Gesinne bestaan uit verskeie fasette:
en die dinamika van elke groep is intens en verskillend.
Lifebenders wil elke groep in persoonlike verstaan, aanvaarding en groei help. Die enigste manier vir ons is in verhoudings en in saamgesels en saam droom. Ons het nie al die antwoorde nie, maar ons het ‘n getuienis oor elkeen van hierdie aspekte en ons wil ons getuienisse deel met elkeen, maar meer as dit wil ons elkeen se getuienis hoor, ons wil luister en leer en bowenal, wil ons saam met mekaar bou aan nuwe getuienisse.
Saam met my vrou Ilze, bou ons aan gesprekke en seminare en as jy wil betrokke raak, maak asb kontak met ons, ons sal graag jou verhaal hoor.
A paragraph describing your company’s goals or mission statement. This section is meant to help visitors understand the purpose of your business.
